In the first half of the 18th Century, the cattle farmers who had become trek farmers encountered virtually no resistance on their advance into the interior. Large tracts of uninhabited land offered excellent prospects for cattle farming. In 1717 they reached the banks of the Breede River, and by 1730 those who had gone east were at the Great Brak River, while others were moving down the Langeberg, north of Cogmanskloof. In 1734 the company's farthest outpost was erected in the Riet Valley on the Buffeljachts River. Its purpose was to protect the cattle farmer and Hottentots against the rapacious Bushmen.
The cattle farmer however, rarely waited for protection and confidently penetrated ever deeper into the vast continent of Africa. There were no schools. Parents had to tutor the children themselves or use itinerant schoolmasters. Baron von Imhoff disapproved of the rapid advance into the interior and tried to halt it. Instructions that more churches should be erected in the interior had greater practical value.
The Rev. Arnoldus Meiring held the first service in the new church in the 'Land van Waveren' in 1743. One of the sick comforters, Abraham Schietekat, who delivered sermons on Sundays, was sent to Grootvadersbosch across the Breede River. His main duty was to take charge of education. The Governor and Council of Policy decided to place the territory of the far-flung districts, known as 'De Verre Afgeleegene Districten' under the jurisdiction of a court. In 1745 Theophilus Rhenius was appointed landdrost and an official residence was built, known as the Drostdy called Swellendam, in honour of Governor Zwellengrebel and his wife, Wilhelmina, née Ten Damme.
Many years ago a framed photograph of Abraham Schietekat could be seen in the main passage at the Drostdy museum in Swellendam. The first small school he had established at Grootvadersbosch forms the background of the picture, and he is surrounded by his group of students. The Museum staff confirms that Abraham was on his way from the Netherlands to the East in 1744 when he, being a trained schoolmaster, was persuaded by the Heemraden to settle here and to take up the post at Grootvadersbosch.
'The number of sick comforters was increased to two, one taking the church services and attending the sick and the other, a very old man, being employed in the fort and at the hospital. It was decided to appoint a third. During the quiet intervals between the arrival of the fleets there was great scope for advancement. The sick visitor, Schietekat, showed ability in the erection of a fulling-mill so was appointed miller at fifty florins a month.'
Ene Christoffel Coetzee de Villiers (1850-1887) het op dertigjarige ouderdom besluit om 'n familieregister op te stel en het stelselmatig van andere wat die familienaam gedra het probeer vasstel wie aan wie verwant is, en hoe. Later het hy besef dat alleenlik dokumente en geboorte- en sterftesertifikate, doop-, trou- en begrafnisrekords van die kerk betroubaar genoeg sou wees. De Villiers was glo die eerste om 'n familieregister saam te stel en te laat druk.
Die familiewapen het in die Twaalfde eeu in Europa sy verskyning gemaak. Mense wou graag 'n persoonlike familiesimbool op hul eiendom en persoon aanbring, asook om in 'n stryd feestelik te verskyn en dadelik uitgeken te kon word aan die wapen op die skild. Op vriendelike en kleurryke toernooie, wat almal as 'n soort krygsoefening beskou het, is die familie- of persoonlike wapens duidelik uitgehang en vertoon.
In Europa was niemand verhinder om vryelik 'n familiewapen aan te neem nie. Inteendeel, dit was gebruiklik en gerieflik om 'n wapen van die besitter se keuse op 'n seël aan te bring om sodoende kontrakte te kon bekragtig en waarmerk. Selfs persone wat hande-arbeid verrig het, soos smede en skrynwerkers, het met wapens van hul keuse geseël. So het die heraldiek in Europa amper 'n volksgebruik geword en die uitbeeldings wat sakemanne, vervaardigers en handelaars gekies het, was van die alledaagse stadslewe en van die kerk.
Wapens waarvan die hooftema verband hou met die familienaam soos de Hahn (hoenderhaan), Mouton (skaap) en de la Harpe (harp) het begin verskyn. Ook wapens wat die individu se beroep uitbeeld soos byvoorbeeld drie of vier visse (Visser), hamer en aambeeld (De Smidt) en 'n troffel (Bouwer), is gebruik.
In Engeland, Skotland, Ierland en Wallis was die benadering heel anders. Die Britte het hulself nie as deel van Europa beskou nie. Hulle beweer dat dit uiters belangrik is om kennis te neem dat daar nie 'n familiewapen vir elke van bestaan nie en dat familiewapens alleenlik aan die oorspronklike begiftigde toegeken word. Daarna mag die familiewapen slegs, binne daardie spesifieke familie, aan die bevoordeelde se oudste seun oorgedra word, en daarna natuurlik weer aan sý oudste seun.
Heraldry began simply, so that armies could recognise their own soldiers. Later it developed complex rules and meanings, with families and cities having their own coats of arms. The reason for the use of particular colours or designs is often obscure, except in the 'canting' coats of arms. These used visual puns, so BEARING has a picture of a bear with a ring through its nose, and HARTHILL has a hart (a male deer) standing on a mound.
Familiename is maar redelik onlangs in die geskiedenis as algemeen aanvaar. In die vroeë eeue was alle mense bekend met net een naam, want meeste het net 'n voornaam of 'n doopnaam gehad wat van grootvaders na kleinseuns oorgedra was, maar wat soms langs die pad erg verkort of verleng is, verkeerd gespel is, onherkenbaar vermink of lelik verdraai is.
In die jare 1100 tot 1280 het vanne, soos ons dit vandag ken, (wat eers byname was), 'n soort van vorm in sekere dele van suid Europa begin aanneem. Later in dieselfde eeu kom dit sterk na vore dat noemname soos Daniel, Frederik, Hendrik, Johannes, Pieter, Martin en Otto, wat as vanne ontwikkel het, in die suide van Nederland en elders verskyn.
Soms is die landsburger vernoem na die ligging of besondere eienskap van sy huis soos (Schonegevel), landgoed (van Hoogstraaten), of plaas (Labuschagne), of genoem na sy plek van herkoms soos van der Merwe, van Rheenen, van Breda, en so aan. Of na spesifieke persoonseienskappe soos de Jonge, de Lange, Kleyn, de Groote, Smal, Breedt en de Korte. Enige begrip van die persoon of sy besittings is in vanne uitgedruk.
Beroepe is ook as vanne opgeneem soos Zimmerman (sê Tzimmerman), Schuitemaker, Hauptfleisch, (Slagter), Hefner (Pottebakker), de Klerk ens. So het mense wat enigsins belang gestel het om 'n familienaam te bekom en permanent te aanvaar, maar voortbeweeg en in die proses die bestaande familiename so verdraai en verander dat sommige haas onherkenbaar geword het. Pinard word Pienaar, Minard; Minnaar, Cronier; Cronjé en van Sittaard word van Sittert. Vandag verg dit die kennis van 'n meester om dit alles te ontrafel.
Vanne het dikwels ontstaan as gevolg van 'n persoon se beroep, of implemente wat in die beroep gebruik word. So dan is SCHIET-DE-KAT as familienaam aangeneem deur die skut of kanonnier en die ontwerpers en vervaardigers van die reuse katapult, die bekende Middeleeuse militêre skietwerktuig wat swaar missiele teen die mure van beleërde stede en kastele geslinger het. Hierdie familienaam is reeds in die vroeë dertiende eeu in Nederland geregistreer.
Dié masjien, wat ook as 'n Schiet-de-kat (of mangon of mangonel) bekend was, het bestaan uit 'n reuse hout-en-staal raam op wiele en 'n enorme versterkte 'houtlepel' op 'n draaispil, in 'n horisontale posisie, toegerus met hefbome en sterk toue en 'n aandrywingsmeganisme wat uit gebreide beesvelle en beessenings bestaan het wat tot die uiterste opgewen en met 'n klinkstang in posisie gehou was. Wanneer hierdie stang skielik verwyder word, word die 'lepel' blitsvinnig in 'n vertikale posisie geforseer, slaan dan teen 'n swaar dwarsbalk vas om sodoende die projektiel in die lepel, 'n groot klip, met geweldige spoed en krag akkuraat vorentoe te slinger om die mure, en spesifiek die hoofingang, DE KAT van die kasteel, te verpletter.
Die Franse weergawe van die familienaam SCHIETEKAT, soos dit in later jare vereenvoudig is, is Trebuchet (sê Tré-boo-shei) soos die Franse hierdie oorlogsmasjien genoem het, en in Engeland is die naam bekend as Trebucket (sê Tree-bak-kiet). Daar was ook na die masjien as 'n 'Onager' (sê On-ner-djer) verwys.
Groter masjiene, die trebuchet, waarmee die manskappe van strategiese posisies 'n aanval kon lanseer, was gewoonlik met 'n slingervel, in plaas van 'n versterkte houtlepel, toegerus. Nie net rotse is geslinger nie maar ook 'brandbomme' wat bestaan het uit houtvate gevul met 'n mengsel van nafta, pik, harpuis en swawel. Hierdie vlambare mengsel was as Greek Fire bekend en is net voor lansering aan die brand gesteek en dan bo-oor kasteelmure gewerp waar die vat op slag oopgebars en die vlammende inhoud verstrooi het. Die trebuchets het van teengewigte in plaas van opgewende beessenings gebruik gemaak.
In die laat sewentienhonderds het sekere plaaslike regerings vereis dat alle burgers, spesifiek vir belastingdoeleindes, as landsburgers moes registreer. Om hierdie rede is families aangemoedig om permanente vanne te kies en dit as hul eie te behou, en man, vrou en al die kinders in daardie familie moes hulle dan so by die plaaslike dorpskantore laat registreer.
Hierdie gegewens sou deel word van die staatsrekords en sou in die staatsargiewe opgeneem word. Die howe het dit ook duidelik gestel dat alhoewel die staat nie voorskriftelik wou skyn te wees nie, hulle uiteindelik daarop sal moet aandring dat ieder een so gou moontlik, voor 'n voorafbepaalde sperdatum, sal moet registreer.
Hierdie proses het pynlik stadig gevorder omdat baie Europeërs die hele ou snaakse petalje as gans onnodig en heel lagwekkend gevind het en as sommer nog 'n verkwisting van staatsfondse beskou het. Teen die laat vyftienhonderds was daar nog vele registrasies uitstaande. Die Franse regering het ekstra registrasiepunte beskikbaar gestel en hul burgers eenvoudig gedwing om te registreer. Dáárna het die res van die mense in Europa maar weer opnuut, maar nog steeds teen 'n slakkepas, na die registrasiekantore begin beweeg.
Die opdrag oor registrasie is in Nederland herhaal met die dreigement dat indien burgers teen 'n sekere datum nog nie familiename gekies het nie en, soos voorgeskrywe, hierdie vanne laat registreer het nie, familiename deur die owerhede aan hulle voorsien sou word en dat individue sulke vanne onder dwang sou moes aanvaar! Dít het die groepie burgers wat lank reeds besluit het om nie eers naby die kantore te gaan nie omdat hul geensins aan die narrekarnaval wou deelneem nie, geweldig ontstel. Hulle het die amptenary toegeskreeu, uitgejou en uitgedaag om familiename in hul kele af te druk.
Dit was die draaipunt. Die gendarmerie was eenvoudig uitgeroep om die voorbokke aan te keer, maar toe hulle voor die plaaslike regsbanke verskyn, het hulle hul wysie verander deur aan te voer dat hulle nog worstel met die kies van 'n paslike familienaam. Alle beskuldigdes was 'n verdere jaar gegee om finaal te besluit. Sekere dwarstrekkers het ná hierdie tydperk maar weer dieselfde verskoning gehad. Die regters, wat teen hierdie tyd genoeg gehad het van die ongehoorsame gepeupel en die gelag en gekskeerdery en gespot met onwelvoeglike en ontoelaatbare familiename, was vir hierdie aangeleentheid goed voorberei.
Die oortreders was gedagvaar om in groepies van tien, elke môre om nege voormiddag in die hof te verskyn, elk met 'n stukkie papier waarop sy voornaam geskryf was. Dié naam is dan as sy familienaam aan hom toegeken tensy hy, daar en dan, 'n familienaam van sy keuse sou voorstel. Alhoewel oortreders 'n uitweg probeer vind het deur die onmoontlikste vanne uit te dink en aan te bied, het hierdie metode die probleem finaal opgelos.
'Jansz,' vra die regter, wat nogal hardhorend is, 'aanvaar je de famielienaam Jansz?'
'Nee, Edelachtbare.'
Die regter kyk na Jansz se vrou met haar vietse lyfie en laaggesnyde hals en ruime boesem, en dink so 'n oomblikkie na...
'Dan geeft ik je de naam Hoogenboesem.
Uw vrouw en kinderen werdt ook Hoogenboesem genaamd.
De griffier zullen het alszoo aanteken!'
'Zaak nummer 11781 aangetekent als Hoogenboesem, mijn heer!'
Luide goedkeuring en handeklap vanaf die publieke banke.
'En waarom krapt je zoo? Hebt je vlooijen?'
'Edelachtbare, ik ben geen hondt! Ik hebt luise!'
'Volgende!'
'Maarten, aanvaar je de famielienaam Maarten?'
'Nee, Edelachtbare.'
Die regter probeer behulpsaam wees en vra: 'Van waar komt je?'
'Mijn moeder heeft aan mij geboorte geschenk!'
Aanhoudende oproerige gelag en geskerts in die saal.
'Stilte! Stilte in de hofzaal!'
'Dan geeft ik uw de naam Naaktgeboren. Uw vrouw en kinderen werdt ook Naaktgeboren genaamd. De griffier zullen het alszoo aanteken!'
'Zaak nummer 11782 aangetekent als Naaktgeboren, mijn heer!'
'Ik wil de rechtsbank attent maak dat ik noch geen kinderen hebben.'
'Gaat dan naar uw huijs en doe iets daaromtrent!'
Uitgelate gelag en gefluit uit die banke.
'Stilte!'
'Volgende!'
‘Janus, aanvaar je de familienaam Januszoon?’
‘Nee, Edelachtbare, absoluut niet!’
‘Hebt je dan wel een ander familienaam aan te biede?’
‘Nee, Edelachtbare’.
‘Geeft mij dan een goede rede waarom dan niet’.
‘Mijnheer, met respek, Ik beschouwd een tweede naam als heel onnodig en belachelijk en stel hoegenaamd geen belang in de leuke en geldverkwistende aanzuiwering. Ik heeft reeds vijf-en-zewentig somers achter mijn rug en vind mijn een namen Janus is heel genoechtzaam. Net éénen namen, mijn heer, net éénen namen schijn heel welvoegelijk te weest!’
Gebrom en uitlatings uit die gehoor.
‘Stilte!, stilte in de hof, als u blieft!’
Die edelagbare heer glimlag so selftevrede en sê:
‘Mogentlijk hebt uw gelijk. Als uw van de opinie zijn dat één namen de oplossing tot de zaak schijn te weest, dan geeft ik uw de naam Eenenamen. Ook u vrouw en kinderen nemen vanaf deze dag de familienaam Eenenamen aan.’
‘De griffier zullen het alszoo aanteken.’
‘Zaak nommer 11783 aangetekent als Eenenamen, mijn heer.’
Uitroepe van skaterlag en goedkeuring uit die gehoor.
‘Volgende!'
'Haneke, aanvaar je de famielienaam Haneke?'
'Nee, Edelachtbare, ik verkiest Vogeluitschijtzel' sê hy spottenderwyse, hopende om die regtertjie in 'n blik te druk en hom as die boosdoener uit te wys.
'Alszoo aanvaar! Griffier, teken het alszoo aan.'
'Zaak nummer 11784 aangetekent als Vogeluitschijtzel, mijn heer!'
Geraas en gelag en uitroepe uit die gehoor.
'Stilte! stilte!'
'Mijnheer en Mevraauw Vogeluitschijtzel', sê die regter langsamerhand, met skerpgemaakte volstruisveer in die regterhand en sonder om te laat merk dat hy dit alles hoogs amusant vind, 'ik wenst uw geluk en bedankt uw voor uwe finale wijze besluit. Macht de zegen van Bove op uw en uwe zewe Vogeluitschijtzeltjes nederdaal.'
Langdurige handeklap uit die banke.
'Volgende!'